Quantcast
Channel: Hoofgereg – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 77

Romerige heuningmosterdhoender met spekvleis

$
0
0

Dié romerige, soet mosterdsous is eenvoudig volmaak in hierdie hoendergereg.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 25 min.

80 ml (⅓ k) heuning
45 ml (3 e) heelkorrelmosterd
4 knoffelhuisies, fyn gedruk
15 ml (1 e) olyfolie
sout vir geur
8 hoenderstukke
200 g spekvleis, in blokkies gesny
80 ml (⅓ k) room
250 ml (1 k) dikroom-jogurt
15 ml (1 e) mielieblom gemeng met 30 ml (2 e) water
’n hand vol pietersielie, gekap

1. Meng die heuning, mosterd, knoffel, en olie in ’n groot bak. Geur met sout. Bedruip die hoender egalig met die sous. Plaas eenkant.
2. Verhit ’n kleefwerende pan oor matige hitte. Braai die spek tot bros en skep in ’n bord. Braai die hoender in dieselfde pan tot dit net begin verbruin aan elke kant.
3. Voeg die oorblywende heuningmosterdsous in die pan saam met die room, jogurt en mielieblom. Verhit tot prutpunt terwyl jy af en toe roer tot die hoender deurgaar is.
4. Bedek met die spekvleis en garneer met pietersielie.

Deur Carmen Petersen
Gestileer deur Hope Malau
Foto’s: Megan Miller


Viewing all articles
Browse latest Browse all 77

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>