’n Heerlik geurige maaltyd. Jy kan die stokvis vervang met enige vis van jou keuse.
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 25 min.
500 ml (2 k) basmatirys
5 ml (1 t) sout
30 ml (2 e) olie
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies, fyn gekap
10 ml (2 t) gemmer, gerasper
4 stokvisfilette, in groot stukke gesny
5 ml (1 t) brandrissiepoeier
5 ml (1 t) fyn komyn
10 ml (2 t) fyn koljander
2 ml (½ t) fyn kaneel
2 ml (½ t) fyn borrie
’n knippie fyn neutmuskaat
200 ml gewone jogurt
5 ml (1 t) strooisuiker
’n hand vol rosyne
3 eiers, gekook en die dop verwyder
1 suurlemoen, in skywe gesny
- Was die rys tot die water nie meer melkerig is nie. Dreineer, gooi in ’n kastrol en bedek met koue water tot sowat 2 cm bo die rys. Voeg die sout by. Bring die water tot kookpunt, verminder die hitte, bedek en laat prut 10 min. of tot die water geabsorbeer is.
- Verhit die olie in ’n braaipan, voeg die uie, knoffel en gemmer by en braai tot goudbruin. Voeg die vis by en roerbraai 5 min. Voeg die speserye by en roer 1 min. Roer die jogurt in en laat prut 2 min. Voeg die strooisuiker, rosyne en gaar rys by.
- Kook 5 min. oor baie lae hitte.
- Garneer met die gekookte eiers en suurlemoenwiggies en sit voor.
Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander