Quantcast
Channel: Hoofgereg – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 77

Harissa-hoender met murgpampoentjiekonfyt

$
0
0

Geniet hierdie bedekte Noord-Afrika hoender saam met die heerlike konfyt.

Bereiding: 10 min.
Verkoel: 30 min.
Gaarmaak: 30 min.
Genoeg vir 6 mense

60 ml (¼ k) olyfolie
30 ml (2 e) suurlemoensap
30 ml (2 e) harissapasta
2 knoffelhuisies, fyngedruk
sout en peper
6 hoenderboudjies
6 hoendervlerkies
boneslaai vir voorsit
Murgpampoentjiekonfyt
4 suurlemoene, skil en sap
800 g murgpampoentjies, geskil en in blokkies gesny
500 ml (2 k) suiker
8 cm vars gemmer, gerasper

  1. Meng die olyfolie, sap, pasta, knoffel, sout en peper in ’n groot mengbak. Voeg die hoender by en bedek goed met die harissamengsel. Bedek en verkoel 30 minute in die  koelkas.
  2. Verhit ’n roosterpan oor matige hitte. Rooster die hoender 15 minute terwyl jy dit gereeld omdraai tot heeltemal gaar.
  3. Murgpampoentjiekonfyt: Plaas die murgpampoentjies in ’n pan met 30 ml (2 e) van die suurlemoensap. Kook sowat 10 minute oor matige hitte terwyl jy dikwels roer tot die murgpampoentjies deurskynend en sag is, maar nie pap nie.
  4. Roer die suiker, oorblywende sap, skil en gemmer in. Roer tot die suiker opgelos het.
  5. Bring tot kookpunt en laat prut dan sowat 10 minute of tot die murgpampoentjies heeltemal sag en die konfyt verdik het.
  6. Plaas die hoender op ’n platbord, strooi pietersielie oor en sit voor saam met die murgpampoentjiekonfyt en boneslaai.

Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander


Viewing all articles
Browse latest Browse all 77

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>