Hierdie maklike pastagereg sal al die vleiseters aan tafel tevrede stel.
Genoeg vir 4-6
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 25 min.
30 ml (2 e) olie
1 ui, gekap
4 knoffelhuisies, fyn gekap
250 g sampioene, gekap
1 wortel, gerasper
1 selderystok, fyn gekap
500 g biefmaalvleis
400 g heel kersietamaties
sout en vars gemaalde swartpeper
300 g pastaskulpe
- Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte. Soteer die ui, knoffel, sampioene, wortel en seldery 5 minute of tot liggies verbruin.
- Voeg die maalvleis by en braai sowat 10 minute terwyl jy af en toe roer om die maalvleis op te breek. Voeg die tamaties by en geur met sout en peper.
- Sodra die sous begin kook, verminder die hitte en laat prut sowat 20 minute terwyl jy af en toe roer. Sit voor met die pastaskulpe gekook volgens die aanwysings op die verpakking.
Deur Hope Malau
Foto: David Briers