Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 30 min.
15 ml (1 e) olie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
300 g spinasie, stronke verwyder en fyn gekap
300 g boerewors, uit die derm gedruk
PASTA
250 g spaghetti of linguini
30 ml (2 e) tamatiepasta
250 ml (1 k) room
10 ml (2 t) mielieblom, opgelos in 15 ml (1 e) water
sout en vars gemaalde peper
Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.
- Verhit die olie en braai die ui en knoffel tot geurig. Voeg die spinasie by en roerbraai tot verwelk. Skep uit en laat effens afkoel.
- Meng die spinasiemengsel deur die boereworsmaalvleis, rol frikkadelletjies en pak op die bereide bakplaat. Rooster 10-15 min. tot gaar.
- Pasta Kook die pasta tot al dente. Dreineer, maar behou 60 ml (¼ k) van die kookvloeistof.
- Verhit ’n pan en braai die tamatiepasta ’n paar sekondes. Voeg die room en mielieblommengsel by en meng goed. Laat prut terwyl af en toe geroer word, tot verdik. Geur met die sout en vars gemaalde peper.
- Meng die sous deur die pasta en sit voor saam met die frikkadelletjies en ekstra vars, gesnipperde spinasie.