Voedsame trooskos vir almal.
Genoeg vir 6
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 2 uur 10 min.
80 ml (⅓ k) olie
1 kg roosterbeesvleis
2 uie, gekap
5 knoffelhuisies, gekap
sap van 1 suurlemoen
2 x 400 g heel kersietamaties
1liter beesvleisaftreksel
45 ml (3 e) heuning
45 ml (3 e) harissapasta
10 ml (2 t) paprika
sout en swartpeper
Poetoepap
750 ml (3 k) water
5 ml (1 t) sout
560 ml (2¼ k) mielielmeel
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Plaas ’n roosterpan op die stoof oor matige hitte en voeg die olie by. Sodra warm, verbruin die beesvleis weerskante.
- Voeg die oorblywende bestanddele by en skep dit oor die beesvleis tot goed bedek.
- Bedek met foelie en rooster 2 uur in die oond of tot die vleis sappig en sag is.
- Poetoepap: Plaas die water en sout in ’n pot en bring tot kookpunt. Voeg al die mieliemeel op een slag by. Roer met ’n vurk om die pap te krummel.
- Verlaag die hitte, sit ’n deksel op die pot en laat die pap stoom tot dit gaar is.
- Sit die vleis met die pap en tamatiesous voor.
Deur Hope Malau
Foto: David Briers