Quantcast
Channel: Hoofgereg – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 77

Blomkool- en kaasdis in ‘n kits

$
0
0

Wil jy vanaand koolhidrate vermy? Geniet blomkool en kaas pleks van macaroni.

Genoeg vir 4-6
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.

2 koppe blomkool, in blommetjies verdeel
30 ml (2 e) botter
250 g spekvleisstukke
30 ml (2 e) meel
250 ml (1 k) melk
200 g bokmelkfeta, gekrummel
sout en peper
5 ml (1 t) neutmuskaat

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakskottel met botter.

  1. Blansjeer die florette in kookwater, dreineer en rangskik dit dan in die bakskottel en sit eenkant.
  2. Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte, roer die spekvleis in en braai tot effens verbruin.
  3. Voeg die meel by om ’n pasta te vorm en kook 2 min. terwyl jy roer. Voeg die melk bietjie-bietjie by terwyl jy ná elke byvoeging roer om te meng. Wanneer die mengsel begin kook, verminder die hitte en laat 10 min. prut oor baie lae hitte.
  4. Verwyder die kastrol van die hitte, roer die kaas in en geur na smaak. Giet die kaassous oor die blomkool en bestrooi met neutmuskaat.
  5. Bak 15 min. of tot goudkleurig en borrelend.

Deur Hope Malau
Foto: Misha Jordaan


Viewing all articles
Browse latest Browse all 77

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>