Quantcast
Channel: Hoofgereg – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 77

Karringmelkhoender met patatstokkies

$
0
0

Die karringmelk maak die hoender sappig en maklik om met meel te bedek.

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 5 min.
Marineer: 30 min. of oornag
Gaarmaak: 40 min.

6 hoenderboudjies
500 ml (2 k) karringmelk
knippie sout
500 ml (2 k) meel
10 ml (2 t) gerookte paprika
2,5 ml (½ t) knoffelpoeier
5 ml (1 t) rooipeper
2,5 ml (½ t) fyn koljander
sout en peper
125 ml (½ k) olyfolie
4 patats, in repies gesny
koolslaai vir voorsit

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakplaat.
  2. Sit die hoender in ’n bak, voeg die karringmelk en die knippie sout by en meng goed. Bedek met kleefplastiek en sit 30 min. of oornag in die yskas.
  3. Gooi die meel en speserye in ’n bak of bord en geur die meel met die sout en peper. Haal die hoender uit die karringmelk, skud die oortollige karringmelk af en bedek dit met die meel.
  4. Verhit die olyfolie in ’n kastrol oor matige hitte en braai die hoender 5 min. of tot goudbruin. Haal dit uit die olie, pak dit op ’n bakplaat en sit dit 15 min. in die oond.
  5. Vryf ’n bietjie olie oor die patats en rooster 15 min. of tot gaar. Sit voor met die koolslaai.

Deur Hope Malau
Foto: David Briers


Viewing all articles
Browse latest Browse all 77

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>