Geniet hierdie maklike vleislose pastagereg met volop kaas.
GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 15 min.
500 ml (2 k) room
400 g-blik kersietamaties
125 ml (½ k) pecorinokaas, gerasper
125 ml (½ k) mozzarellakaas
80 ml (⅓ k) ricottakaas
sout en vars gemaalde peper
’n hand vol pietersielie, gekap
300 g pennepasta
50 g botter, in dun skywe gesny
Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Bring ’n groot pot soutwater tot kookpunt. Meng al die bestanddele buiten die pasta en botter in ’n groot mengbak. Roer goed.
- Plaas die pasta in die kookwater en kook 5 min. gedeeltelik. Dreineer in ’n vergiettes, voeg by die bestanddele in die mengbak en meng deur.
- Plaas in ’n gesmeerde bakpan. Stip met botter en bak 10 min. of tot dit bo-op borrel.
Deur Hope Malau
Foto: Misha Jordaan