Hierdie pastamaaltyd is propvol proteïen. Jy kan die beesvleis uitlaat en die pasta net met bone geniet.
GENOEG VIR 4-6 MENSE
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 20 min.
30 ml (2 e) olyfolie
500 g beesvleis-ghoelasj
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap
1 selderystingel, gekap
’n hand vol basilie, gekap
400 g tamatiepuree
400 g-blik borlottibone
sout en vars gemaalde peper
250 g mini-pastaskulpe
- Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte. Verbruin die beesvleis 5 min. Voeg die ui en knoffel by en braai 3 min. of tot geurig. Voeg die seldery, basilie, tamatiepuree en 125 ml (½ k) water by.
- Bring tot kookpunt, verminder die hitte en kook 5 min. Voeg die bone by en geur met die sout en vars gemaalde peper.
- Kook die pasta in ’n pot kokende soutwater tot al dente. Dreineer en hou 80 ml water. Voeg die pasta en water by die sous. Kook ’n minuut tot deurwarm. Skep uit en sit voor.
Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander