Gee vir ’n verandering jou burgers ’n bietjie skop met kerrie.
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min
Gaarmaak: 20 min
500g beesmaalvleis
45 ml (3 e) tikka-kerriepasta
30 ml (2 e) gekapte vars koljander
sout en peper
15 ml (1 e) olyfolie
TAMATIEBLATJANG
15 ml (1 e) olyfolie
250 g kersietamaties
½ ui, gekap
2 groen brandrissies, gekap
15 ml (1 e) rooiwynasyn
15 ml (1 e) strooisuiker
’n klein hand vol vars koljander, gekap
VIR VOORSIT
4 burgerrolletjies, gehalveer en gerooster
’n hand vol roket
1 rooi ui, in ringe gesny
koolslaai
- Sit die maalvleis, kerriepasta en koljander in ’n bak, geur met sout en peper, en meng dan goed met jou hande. Vorm met nat hande in 4 burgerkoekies.
- Voorverhit ’n pan oor matig-hoë hitte. Verf die burgerkoekies met olie en braai terwyl jy een keer omdraai 15 minute of tot gaar.
- Tamatieblatjang: Verhit die olie in ’n pan oor matig-hoë hitte en braai die kersietamaties en ui 5 minute. Voeg die brandrissies, asyn en strooisuiker by en kook 15 minute of tot effens verdik. Roer die koljander in en sit eenkant.
- Vir voorsit: Bedek die onderste helftes van die rolletjies met roket, ui, roket en die koekies. Bedek met die boonste helftes van die rolletjies en sit voor met die tamatieblatjang en koolslaai.
Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander