Quantcast
Channel: Hoofgereg – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 77

Lamskenkels met botterskorsie en lemoenblatjang

$
0
0

Kry die potte gereed om hierdie uitmuntende maaltyd te berei.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 1 uur

LAMSKENKELS
30 ml (2 e) olie
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies
4 lamskenkels
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
3 lourierblare
SOET BOTTERSKORSIE
30 ml (2 e) olie
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
5 ml (1 t) kerriepoeier
200 g patat
200 g botterskorsie
125 ml (½ k) hoenderaftreksel
sap en skil van 1 lemoen
sout en peper
BLATJANG
2 lemoene, gekap
250 ml (1 k) suiker
250 ml (1 k) lemoensap
1 klein ui, gekap
125 ml (½ k) gedroogde appelkose, gekap
15 ml (1 e) gemmer, gekap
1 steranys
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
’n knippie fyn naeltjies

  1. Lamskenkels Verhit die olie in ’n pot en soteer die uie en knoffel tot sag. Voeg die skenkels by en verbruin. Voeg die aftreksel en lourierblare by en laat prut ’n uur. Voeg nog aftreksel by indien nodig. Kook tot die vleis van die been af val.
  2. Soet botterskorsie Braai die uie in olie in ’n pan oor matige hitte tot sag. Roer die knoffel, kerrie en groentes in. Voeg die aftreksel en lemoensap en -skil by. Geur met die sout en peper. Laat prut 20 min. of tot die groentes sag is. Maak fyn en verwyder van die hitte wanneer al die vloeistof verdamp het.
  3. Blatjang Kook die blatjangbestanddele 10 min. of tot dik in ’n pot oor matige hitte. Haal die steranys uit voor jy dit voorsit.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 77

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>