Quantcast
Channel: Hoofgereg – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 77

Varktjops in suurroomsous

$
0
0

’n Vinnige ete om op ’n weekaand aanmekaar te slaan.

Genoeg vir 4
Berei: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.

30 ml (2 e) olie
4 varktjops
2 uie, gekap
250 ml (1 k) beesvleisaftreksel
2,5 ml (½ t) swartpeper
80 ml (⅓ k) suurroom
15 ml (1 e) meel
80 ml (⅓ k) melk
2 skeute worcestersous
kapokaartappel vir voorsit

1. Verhit die olie in ’n groot pan. Plaas die varktjops in die pan en braai oor lae tot matige hitte tot bruin aan albei kante. Haal die tjops uit die pan en pak op ’n bord.
2. Plaas die uie in die pan en braai tot ietwat sag. Roer die aftreksel en peper by. Plaas weer die varktjops in die pan en voeg enige oorblywende sappe op die bord ook by. Skep uie oor die varktjops, sit die deksel op en laat prut 10 min. of tot dit nie meer pienk in die middel is nie. Skep die tjops en uie op ’n bord.
3. Roer die suurroom en meel saam in ’n middelslag bak. Voeg by die aftreksel in die pan en roer tot goed gemeng. Voeg die worcestersous by en roer goed saam.
4. Plaas die varktjops en uie terug in die pan tot die tjops warm is. Sit dadelik saam met kapokaartappel voor.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 77

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>