Dié maaltyd is gesond én smullekker.
Genoeg vir 4 tot 6
Berei: 10 min.
Gaarmaak: 20 min.
300 g broccoliblommetjies
250 g skulppasta
hand vol koljander
2 knoffelhuisies
60 ml (¼ k) olyfolie
10 ml (2 t) suurlemoenskil
60 g mozzarella
sout en swartpeper
100 g roomkaas
1 kg hoender, gekook en gekerf
hand vol neute, gekap (opsioneel)
2,5 ml (½ t) rissievlokkies
1. Kook die broccoli 5 min. in kokende soutwater tot sag. Skep met ’n gaatjieslepel uit tot in ’n bak. Voeg pasta by die water en kook volgens aanwysings op verpakking. Dreineer.
2. Verwerk koljander, knoffel, olie, suurlemoenskil en mozzarella in ’n voedselverwerker tot fyn gekap. Voeg die helfte van die broccoli by en verwerk tot grof gekap. Geur met die sout en swartpeper.
3. Roer broccoli-pesto en roomkaas by pasta tot goed bedek. Vou die hoender, neute en rissievlokkies by en sit voor.