Beïndruk jou gesin vanaand met hierdie effens soet kerrievarkskenkels.
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 2 uur 20 min.
45 ml (3 e) olie
4 klein varkskenkels
1 ui, in skywe gesny
4 knoffelhuisies, fyn gekap
30 ml (2 e) vars gemmer, fyn gerasper
1 kaneelstok
5 naeltjies
5 peule kardemom, fyngedruk
10 ml (2 t) brandrissievlokkies
10 ml (2 t) borrie
10 ml (2 t) garam masala
1 x 400 g-blik mango’s
10 ml (2 t) suiker
1 x 400 g-blik klappermelk
250 ml (1 k) water
1 suurlemoen se sap
sout en peper na smaak
Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
- Verhit die olie in ’n oondvaste pot oor matige hitte. Verbruin die varkskenkels tot goudkleurig. Haal uit en sit eenkant.
- Voeg die ui, knoffel en gemmer in dieselfde pot en kook 5 min. tot die ui sag is. Voeg die kaneel, naeltjies, kardemom en brandrissievlokkies by en roer deur tot geurig.
- Sit die skenkels terug, voeg die borrie en garam masala by en kook 2 min. Voeg die mango’s en suiker by en meng. Roer die klappermelk, die helfte van die water en die suurlemoensap in.
- Bedek en bak 2 uur of tot die vark sag is. Voeg nog water by soos nodig. Geur en sit voor.
Deur Hope Malau
Foto: Megan Miller