Hierdie eenpotwonder is vullend en propvol geur.
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 2 uur 20 min.
100 g gerookte ham
1 ui, gekap
15 ml (1 e) tamatiepasta
400 g blik kersietamaties
1 L hoenderaftreksel
2 wortels, gekap
2 selderystokke, in skywe gesny
2 knoffelhuisies
3 takkies tiemie
400 g cannellini-boontjies
50 g kitsnoedels, fyngedruk
- Plaas ’n groot pot oor matige hitte, voeg die ham by en verbruin. Voeg die ui, tamatiepasta, tamaties en aftreksel by. Bedek en laat prut 2 uur of tot die ham sag is.
- Haal die ham uit en voeg die wortels, seldery, knoffel en tiemie by. Laat 15 min. prut of tot die groente sag is.
- Versnipper die ham en roer dit, die bone en die noedels in. Hou 5 min. eenkant of tot die noedels sag is.
Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander