Die resep werk goed vir ’n braai ook. Probeer dit oor warm kole.
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 35 min.
4 T-beenskywe
blatjang, vir voorsit
SLAAI
10 ml (2 t) olyfolie
250 ml (1 k) bruinrys
30 ml (2 e) tamatiepasta
375 ml (1½ k) water
½ elk groen en rooi soetrissie
400 g-blik soetmieliepitte, gedreineer
400 g-blik nierbone, gedreineer
’n hand vol groenbone, gekap
’n hand vol koljander, grof gekap
VRYFMIDDEL
45 ml (3 e) paprika
30 ml (2 e) swartpeper
15 ml (1 e) knoffelpoeier
5 ml (1 t) rooipeper
15 ml (1 e) bruinsuiker
- Slaai Verhit die olie in ’n middelslagkastrol oor hoë hitte. Voeg die rys by en braai 1 min. terwyl jy roer of tot al die rys met olie bedek is.
- Voeg die tamatiepasta by en kook 2 min. terwyl jy roer of tot die rys goed bedek is. Voeg die water by en bring tot prutpunt. Bedek en laat prut 20 min. of tot die rys sag is.
- Voeg die soetrissies, soetmielies, nier- en groenbone by, bedek en kook 15 min. of tot die groenbone sag is. Roer die koljander in.
- Vryfmiddel Meng al die bestanddele in ’n bak en vryf dit oor die biefstukke. Verhit ’n roosterpan oor matige hitte en braai die biefstukke 5 min. of tot gaar. Sit die vleis op ’n bord en laat rus 5 min.
- Verdeel die rysslaai en biefstuk tussen die borde. Sit voor saam met blatjang en groenslaai.
Deur Hope Malau
Foto: David Briers